fbpx
Vryheidsfront Plus

Besoedeling in Matjhabeng: VF Plus eis optrede

Die VF Plus eis dat die uitvoerende burgemeester van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia en Welkom), Nkosenjani Speelman, verantwoordelikheid neem vir die voortdurende rioolbesoedeling in dié munisipaliteit en daadwerklik daarteen optree.

Ingevolge die Munisipale Strukturewet moet die uitvoerende burgemeester toesien dat dienslewering volhoubaar geskied.

Riool word tans uit stukkende rioolpype na die stormwaterinfrastruktuur gepomp en vloei dan na waterbronne. Dit is blatante besoedeling van reeds skaars waterbronne.

Die VF Plus eis in ‘n amptelike skrywe aan Speelman dat hy dringend moet ingryp en toesien dat die besoedeling stop. Hy word vyf dae gegee om te antwoord op die skrywe voor verdere stappe vir die oortreding van die Afvalbestuurswet oorweeg sal word.

Inwoners van Matjhabeng word geteister deur swak dienslewering onder die ANC-beheerde munisipaliteit. Dit is onaanvaarbaar dat die munisipaliteit nie alles in sy vermoë doen om te sorg dat alle inwoners ‘n omgewing het wat nie skadelik vir hul gesondheid en welstand is nie.

Die uitvoerende burgemeester moet verantwoordbaar gehou word vir die algehele verval van dienslewering en die volgehoue besoedeling van die omgewing deur die munisipaliteit. Die VF Plus sal voortgaan om te verseker dat vuisvoos belastingbetalers die dienste kry wat hulle verdien.

Navrae: 076 629 6219

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.