Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Belangrike substasie in Emfuleni moet dringend oorgebou word

Die tyd het aangebreek dat die Dorpsubstasie in Vanderbijlpark in sy geheel oorgebou word.

Hierdie substasie word die afgelope agt jaar geteister deur ernstige probleme.

Daar was reeds drie groot ontploffings, met die mees onlangse een in Februarie 2026. Talle brande het ook in hierdie tydperk uitgebreek en die dak moes minstens twee keer vervang word.

Sedert 23 Februarie 2026 is talle buurte, waaronder Stephanopark, CW1, CW2, CW3, CW5, Tolstoy asook gebiede wat deur die Becqueral-substasie bedien word, sonder elektrisiteit ná nog ’n ontploffing by die Dorpsubstasie.

Telkens word die substasie net tydelik gelap terwyl dit duidelik is dat ’n volledige herbou nodig is om verdere skade te voorkom en betroubare kragvoorsiening te verseker.

Die Dorpsubstasie is nie meer net verouderd nie, maar struktureel gekompromitteer en is sedert 2018 nooit behoorlik onderhou nie.

Noodingrypings is nie meer voldoende om die kragtoevoer te stabiliseer nie.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen totdat die Dorpsubstasie volledig oorgebou word om betroubare kragvoorsiening aan inwoners te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.