Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni verontagsaam hofuitspraak: VF Plus verwerp onwettige elektrisiteitstarief-proses

Alhoewel die inwerkingstelling van Nersa-goedgekeurde Eskom-verhogings nie omseil kan word nie, kan die VF Plus nie die prosedureel gebrekkige en onwettige proses, wat inwoners se reg op openbare deelname skend, steun nie.

Die proses het ook ‘n hofuitspraak verontagsaam waar AfriForum suksesvol teen die energiereguleerder, Nersa, opgetree het oor deursigtigheid.

Die hof het duidelike riglyne vir openbare deelname neergelê wat Ekurhuleni nie nagekom het nie.

Dit is absurd dat die raad gister (26 Maart) gevra is om oor die tariewe te besluit terwyl die openbare deelnameproses eers vandag amptelik begin.

Die raad word dus gevra om ’n besluit te neem voordat die belastingbetaler en inwoners enige kans gegun is om hul stem te laat hoor. Dit is nie net onlogies nie, maar direk teenstrydig met die hofvereiste dat daar minstens 30 dae vir openbare kommentaar moet wees.

Die VF Plus het ook sterk beswaar aangeteken teen aanbevelings wat die hoof van die energie-afdeling onbeperkte mag sou gee. Die voorstel poog om hierdie amptenaar die bevoegdheid te gee om alle toekomstige strukturele veranderinge en “tyd-van-gebruik”-tariewe van Eskom onmiddellik in werking te stel sonder dat dit weer na die raad verwys word of aan openbare deelname onderwerp word.

Onder druk van die VF Plus en ander opposisiepartye is dié deel van die aanbeveling geskrap om plek te maak vir ‘n proses wat die mag om oor tariefaanpassings te besluit, nie net in een persoon se hande laat nie.

Die inwoners van Ekurhuleni is nie onderdane van die metro nie, maar vennote in die demokratiese proses wat verdien om gehoor te word.

Die VF Plus sal nie toelaat dat die metro die reg op openbare deelname vertrap nie en moedig inwoners aan om aan die openbare deelname-proses mee te doen.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.