Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC-koalisie misluk om R145 miljoen sonder meer af te skryf

Die VF Plus het help keer dat die ANC-koalisie in die Ekurhuleni-metroraad R145 miljoen kon afskryf wat tussen 2010 en 2015 aan onvoltooide projekte bestee is.

Die VF Plus het in samewerking met ander opposisiepartye teen die afskrywing gestem. Die aangeleentheid is gevolglik terugverwys na die munisipale openbare rekeningekomitee (MPAC) vir verdere ondersoek.

Geen beduidende bedrag mag afgeskryf word sonder dat alle moontlike invorderingsprosesse volledig uitgeput is nie.

’n Ondeurdagte afskrywing stel ’n gevaarlike presedent en ondermyn die beginsel van finansiële dissipline binne die munisipaliteit.

Voordat enige openbare fondse afgeskryf kan word, moet die metro kan bewys dat:

• Omvattende invorderingspogings aangewend is; en
• Waar wangedrag vermoed word, strafregtelike klagtes en dissiplinêre stappe daadwerklik gevolg is.

Munisipale fondse is belastinggeld. Die inwoners van Ekurhuleni verdien volle deursigtigheid en aanspreeklikheid oor hoe hul geld bestuur en bestee word.

Die VF Plus sal aanhou om onverantwoordelike finansiële besluite te beveg en sal altyd die belange van die inwoners en belastingbetalers van Ekurhuleni beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.