fbpx
Vryheidsfront Plus

Bankrot SAL gee goue handdrukke van R22,766 miljoen

Die minister van finansies, mnr. Pravin Gordhan, het bekend gemaak dat die SAL die afgelope aantal jare R22,766 miljoen betaal het aan skeidingspakkette en bedankings van Hoof Uitvoerende- en Hoof Finansiële Beamptes (HUB & HFB). Hy het geantwoord op ‘n skriftelike vraag van dr. Pieter Groenewald (LP) van die Vryheidsfront Plus. Sedert 2009 het die SAA reeds agt HUB en sedert 2006 ses HFB gehad, .

“lndien gekyk word hoeveel HUB’s (CEO) en Hoof Finansiële Beamptes (HFB) die SAL sedert 2009 gehad het, is dit geen wonder dat SAL nie die mas kan opkom nie en die belastingbetaler duur te staan kom. Dit is duidelik dat die topbestuur van die SAL oor die tydperk nie opgewasse was en is om die uitdagende vereistes van die lugvaartbedryf te hanteer nie. Dat die bedrag van R22,766 miljoen net aan skeidingspakkette alleen betaal is oor die tydperk en die huidige HFB ‘n tussentydse aanstelling is teen R322 620-00 per maand, is niks anders as minagting van die belastingbetalers nie. Die minister van finansies verwag dat belastingbetalers die gordel stywer moet intrek, maar by SAL word belastinggeld vermors en daarom vereis die VF Plus daadwerklike optrede om dadelik bevoegde persone permanent aan te stel,” sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor openbare ondernemings.

“Om sedert Desember 2015 en steeds R322 620-00 per maand te betaal aan die maatskappy Sizwe Ntsalaba Gobodo om ‘n tussentydse HFB beskikbaar te stel, is onaanvaarbaar en die VF Plus wil van die minister weet hoekom is daar nog nie ‘n permanente aanstelling gemaak nie. Teen einde Julie kos die pos van HFB die belastingbetaler reeds R2,581 miljoen vir agt maande. Dit kom neer op ‘n jaarlikse salaris van R3,87 miljoen per jaar,” het Groenewald gesê.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.