fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC se swak bywoning van debatte oor plaasmoorde en SASSA-krisis wys hul minagting vir Suid-Afrika se mense

Die ANC-regering se minagting vir die mense van Suid-Afrika het vandag duidelik gewys in sy lede se swak bywoning van die debatte oor plaasmoorde en die SASSA-debakel, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Adv. Alberts sê ‘n see van leë stoele het opposisiepartye in die parlement begroet tydens die debatte wat van groot belang vir die land en sy mense was. Hy sê die ANC was duidelik nie van mening dat dit belangrik is nie.

Volgens adv. Alberts het die parlement self ook sy minagting getoon deur komiteesittings te reël in dieselfde tydsgleuf waarin die twee debatte plaasgevind het.

“Om sake te vererger het die parlementêre komitees oor finansies eendersyds en handel en nywerheid andersyds ‘n gesamentlike sitting gehou terwyl die debatte aan die gang was om te besin oor hoe banke verder getransformeer moet word en hul bates gestroop kan word tot voordeel van ‘n paar ANC-kaders.

“Dit is eenvoudig disrespekvol om so ‘n komiteevergadering te reël terwyl ernstige debatte gehou word oor die gebrek aan respek wat mense teenoor mekaar toon deur die pleging van die gruwelikste aanvalle en moorde op plase en die dobbel met mense se oorlewing deur die swak bestuur van SASSA-toelaag betalings.

“Ons kan hierdeur net aflei die ANC is bang vir die opposisie en is nie bereid om in volle sterkte hierdie sake van nasionale belang te bespreek nie. Die ANC het rede om bang te wees, want hy het nie antwoorde vir sy eie swak bestuur van die land nie. Hy sal die prys hiervoor met die algemene verkiesing in 2019 vertaal,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.