Die koalisieregering in Mogale City het Donderdag tydens ‘n marathon-raadsvergadering gesorg dat inwoners se ligte bly brand desondanks die vorige regering wat hulle met R420 miljoen uitstaande skuld gelos het.
Rdl. Tjaart Steenkamp, VF Plus raadslid en burgemeesterskomiteelid, sê dit het fyn voetwerk gekos om Eskom tevrede te stel. “Mogale City het kontantvloei-probleme en daarmee saam skuld ons Eskom R162 miljoen.
“Die stadsraad moes noodgedwonge ‘n afbetalingsooreenkoms met Eskom aangaan waarin hulle onderneem het om aan die einde van volgende week R17 miljoen as gedeelte van die skuld te betaal.
“Die stad het ongelukkig nie soveel geld in sy koffers nie en die stadsraad moes Donderdag toestemming gee om ‘n oortrokke fasiliteite te gebruik om die geld te verhaal.”
“Dit is so dat die koalisieregering elke keer die wind van voor kry wanneer hulle voorstelle na die tafel bring. Onderwerpe word vir ure lank gedebatteer en die ANC-Speaker doen alles in sy vermoë om stemming te vermy. Die raad het Donderdag 12 ure lank gesit.
“Die huidige stadsraad het baie swak besluitnemingsfoute geërf wat tot groot skuld lei. Die koalisieregering werk onverpoosd om Mogale City weer in ‘n spog stad met goeie infrastruktuur en ‘n toeriste-aantreklikheid te verander. Ons gaan nie toelaat dat foute uit die verlede ons stuit nie, het rdl. Steenkamp gesê.
Tel 082 806 7891