fbpx
Vryheidsfront Plus

Daar is nie genoeg geld vir misdaadbekamping in Gauteng

Die VF Plus se beroep op gemeenskappe in Gauteng, minder as 'n maand gelede, om hulself teen misdaad te begin mobiliseer, begin nou in alle erns 'n werklikheid word. Dit volg nadat ‘n sestigjarige vrou van die plaas Kalbasfontein tussen Fochville en Westonaria die afgelope week met 'n elektriese boor gemartel was in haar woning nadat sy by haar plaashek oorrompel was.

Die VF Plus is uiters bekommerd oor hierdie tendens en is van mening dat die Gauteng regering nie veel beskerming aan inwoners gaan kan lewer nie, aangesien daar vir die 2017/18 finansiële jaar slegs R203 miljoen begroot is vir die Departement van Gemeenskapsveiligheid. R45 miljoen hiervan gaan verdeel word tussen die duisende plaaslike Gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s), Gemeenskapsveiligheidsforums (GVF’s) en straatkomitees. R158 miljoen gaan bestee word oor drie jaar om geweld teen vroue en kinders te beveg. Hierdie syfers was op 7 Maart 2017 deur die LUR van finansies, Barbara Creecy, bekend gemaak tydens haar provinsiale begrotingsrede.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het gesê voordat mense bly raak oor die begroting, moet mens eers gaan kyk hoeveel GPF's, GVF's en straatkomitees daar in Gauteng geregistreer is. Die bedrag van R45 miljoen moet dan tussen daardie geregistreerdes verdeel word en op die ou einde van die dag is die bedrag wat elk van hierdie organisasies ontvang om misdaad te bekamp, totaal en al onvoldoende.

"Na die afgelope week se gebeure is dit uiters belangrik dat inwoners baie vinnig sal moet besef dat dit noodsaaklik is om self na hul eie veiligheid te begin omsien aangesien die regering, provinsiale regering en die polisie nie meer oor die vermoë beskik om inwoners te beskerm nie. Gemeenskappe moet nou dringend begin mobiliseer deur middel van aansluiting by plaaslike polisiëringsforums en privaat buurtwagte."

Van Staden het reeds die voortou geneem met hierdie beroep op inwoners van Gauteng en self begin betrokke raak by sy plaaslike GPF asook om sy woning nog meer te beveilig nadat hy ook die afgelope maand deel van die misdaadstatistiek geword het. Hy is ook konstant met sy bure in verbinding.

"Nie almal het die finansies om hul wonings te beveilig nie maar ons het nie 'n keuse nie selfs al moet jy 'n verband op jou eiendom uitneem. Gebruik dit in plaas van om nog 'n motor aan te koop of om 'n swembad te bou. Skerp daardeur jou sekuriteit op wat in elk geval jou eiendom se waarde verhoog. Indien jy 'n huurder is, onderhandel met die eienaar by wie jy huur en kom tot 'n vergelyk. As inwoners nie een van dié opsies kan uitoefen nie, sluit net ten minste by jou plaaslike GPF aan, kry 'n radio in jou huis vir 'n minimale bedrag per maand en meld aan vir patrollies in jou straat voor jou eie huis. As elke inwoner by sy GPF of buurtwag aansluit sal dit baie bydra tot jou eie beveiliging."

 

Tel: 084 015 4722 / 060 556 4347

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.