fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC faal jeug

(Parlementêre debat: Jeugdag)

Die ANC-regering skets jaar na jaar ‘n prentjie van sukses en beklemtoon die belangrikheid van die 1976-optogte vir die jeug, maar in werklikheid laat die ANC die jeug van Suid-Afrika in die steek en hou hulle sodoende al vir 26 jaar gyselaar.

Suid-Afrika se jeug het steeds nie toegang tot moedertaalonderrig nie. ‘n Sesotho-sprekende leerling geniet nie die moedertaalonderrig-voordele van ‘n Engelssprekende leerling nie. Die regering beywer hom eerder vir die verengelsing van Afrikaanse skole in die naam van toeganklikheid, in stede daarvan om moedertaalonderrig in elke amptelike landstaal te ontwikkel.

Die regering spog met sy vinnige optrede om water en sanitasie aan skole te lewer met die uitbreking van die Covid-19-pandemie, maar dit is krisisbestuur en dien slegs as bewys van die regering se mislukking om skole-infrastruktuur te skep.

Wat jeugwerkloosheid aanbetref, is die harde en skokkende werklikheid dat 58% van alle jeugdiges in die land tans werkloos is.

Die VF Plus daag die regering uit om werklike verandering teweeg te bring deur weg te doen met rasgegronde wetgewing- en kwotastelsels en die speelveld gelyk te maak tot voordeel van alle jeugdiges.

Suid-Afrika verdien ‘n regerende party wat opstaan vir al sy landsburgers en nie net vir sommige nie. Tot nou toe het die regering die jeug van die land gefaal. Dit sal net verander met ‘n nuwe regering wat vir almal omgee.

Navrae: 082 490 6663

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.