fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Borgtogaansoek na plaasaanval naby Reivilo: Swak aanklaerswerk bemoeilik saak

Die borgtogaansoek van Thembile Cornelius Plaatjie, beskuldigde in die plaasaanval op die egpaar Schalk en Lana Coetzee van Reivilo, is vanoggend in Taung tot 22 Junie uitgestel. Dit volg op die inhandiging van 4 000 handtekeninge teen die toestaan van borgtog, asook die versuim van die aanklaer om poging tot moord tot die klagstaat te voeg.

Die VF Plus se Noord-Kaapse woordvoerder oor justisie, mnr. Theo Joubert ('n regsgeleerde van Hartswater), het die slagoffers se familie in die landdroshof in Taung in Noordwes bygestaan.

Die twee slagoffers is op 6 Junie op hul plaas aangerand. Mev. Coetzee is tans nog in 'n geïnduseerde koma weens die aard en erns van haar beserings.

Terwyl die polisie flink opgetree het, is dit onverskoonbaar dat die aanklaer kon versuim om die klagstaat volledig op te stel. Dit is net nog 'n manier waarop die falende staat slagoffers van misdaad, ook wat plaasaanvalle aanbetref, in die steek laat.

 

Navrae: ‪072 938 8588‬

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.