fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Misdaad in Gauteng styg tydens Covid-19-inperking

Die VF Plus doen ‘n beroep op huiseienaars om hul sekuriteitmaatreëls op te skerp en by gemeenskapsveiligheidstrukture aan te sluit in die lig van die bekendmaking van Gautengse se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, dat onwettige grondbesetting en geweldsmisdaad skerp toeneem.

Mazibuko het gedurende ‘n virtuele vergadering van die Gautengse wetgewerskomitee vir gemeenskapsveiligheid bevestig dat die polisie druk besig is om toe te sien dat inperkingsregulasies streng nagekom word terwyl daar ‘n toename in grondbesetting en ander ernstige misdaad is.

Sedert die aanvang van die nasionale inperkingsregulasies is 42 827 klagte in Gauteng aangemeld en 52 488 mense in hegtenis geneem is. ‘n Totaal van 11 887 klagte is later teruggetrek.

Met die instelling van die Vlak Drie-inperking op 1 Junie vanjaar, is 2 162 dossiere aangelê waarvan 21 verband hou met geslags-geweldsmisdaad. Sestien verdagtes is in hegtenis geneem.

Sedert die aanvang van die Vlak Drie-inperking het onbeplande protesaksies toegeneem met geen handhawing van sosiale afstand nie.

Die VF Plus is bekommerd oor die veiligheid van elke inwoner en skryf die styging in misdaad toe aan werkloosheid, ekonomiese verval en armoede weens die inperkings. Mense moet nou op hul eie veiligheid en die van hul eiendom fokus en die nodige voorsorgmaatreëls tref.

Die VF Plus gaan by die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, daarop aandring dat klem gelê word op misdaadvoorkoming en groter sigbaarheid van die polisiediens.

 

Navrae: 066 010 1066

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.