Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC/EFF-regering in Ekurhuleni volg VF Plus se raad

Die EFF/ANC-regering in die Ekurhuleni-metroraad toon skielik weer belangstelling in die vordering van die aerotropolis-ontwikkeling nadat die VF Plus hulle tydens die metro se begrotingsdebat daarop attent gemaak het.

Dié ontwikkeling is strategies naby die OR Tambo-internasionale lughawe geleë en het die potensiaal om buitelandse en plaaslike beleggers te lok.

Die VF Plus is van mening dat hierdie ontwikkeling tans nie ten volle benut en behoorlik bestuur word nie.

Die ontwikkeling se potensiaal is eindeloos, maar min vordering is daarmee gemaak sedert 2017 onder ANC-beheer. Vorderingsverslae word ook nie op ʼn gereelde basis aan die metroraad verskaf nie.

Die sukses van die aerotropolis-ontwikkeling sal die las op inwoners van die metro verminder met dié dat die metro nie net op munisipale tariewe sal hoef staat te maak vir ʼn inkomste nie.

Dit sal ook ʼn voordelige uitwerking hê op die plaaslike ekonomie met nuwe geleenthede vir klein- medium- en mikro-ondernemings om werk te skep.

Die EFF/ANC-regering het sedert die VF Plus se opmerkings oor die aerotropolis-ontwikkeling die terrein besoek ten einde hulself met die vordering daarvan te vergewis.

The FF Plus also requested the council’s Speaker, Nthabiseng Tshivenga, and the Mayor, Sivuyile Ngodwana, to table a comprehensive progress report on the aerotropolis development with the next council meeting.

The development will only be successful if it is properly planned, executed and managed, and thorough oversight is exercised.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.