fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Oos-Kaap staan vas teen Bela-wetsontwerp om Afrikaans te beskerm

Dit is belangrik dat almal wat ʼn belang by onderwys het, die komende naweek se openbare deelnameproses oor die Basiese Onderwyswette Wysigingswetsontwerp (Bela-wetsontwerp) in die Oos-Kaap bywoon.

Dit vind Vrydag in Mthatha, Saterdag in Queenstown en in Sondag in die Nelson Mandelabaai-metro plaas.

In Nelson Mandelabaai begin die sitting op 11 Junie om 12:00 in die Nongoza Jebe-saal, Ttshekisastraat, New Brighton. Dit behoort tot omstreeks 16:00 te duur.

Die Bela-wetsontwerp is ʼn probleem omdat dit die bevoegdheid van skoolbeheerliggame (SBL’e) om taal- godsdiens- en toelatingsbeleid te formuleer, aan die provinsiale departementshoof oorhandig. Skole en gemeenskappe moet die mag behou om te besluit wat die beste vir hul kinders is.

Die VF Plus het reeds telkemale die reg op moedertaalonderrig verdedig en poog om daardie reg uit te brei waar ouers dit wil uitoefen of dit nou in Afrikaans, Xhosa, Zulu, of Engels is.

Die wetsontwerp is ook reeds verouderd voor dit nog wet is, aangesien grondliggende verskuiwings in die onderwyslandskap nie in ag geneem word nie. Die Covid-pandemie het aanlyn onderrig op die voorgrond geplaas, terwyl tuisskole nuwe vorme aanneem. Die tuisskoolbeweging is ook van mening dat die wetsontwerp van onkunde rakende die soort onderwys getuig.

Die VF Plus se mening is dat die onderwysdepartement net behoort in te gryp wanneer skole en beheerliggame nie hul pligte behoorlik uitvoer nie.

Dit is belangrik dat soveel moontlik belanghebbendes aan die proses en die sittings deelneem. Die parlementêre portefeuljekomitee neem nie net van argumente kennis nie, maar veral van die aantal deelnemers wat vir of teen die wetsontwerp standpunt inneem.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.