Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vroue honderd jaar in regsberoep, maar steeds nie gelyk

Terwyl vroue in Suid-Afrika vanjaar reeds honderd jaar in die regsberoep staan, is daar steeds nie volle gelykheid in die beroep nie.

Vroue maak vandag bykans 50% van praktiserende prokureurs in die land uit. Hulle sit op die regbank en ʼn vrou is selfs die president van die hoogste hof van appèl.

Daar is egter steeds diskriminasie, vele hindernisse en struikelblokke wat vroue in die regsberoep daagliks moet oorkom. Dit sluit in seksuele teistering en die alomteenwoordige “boys club” wat gelyke deelname in die beroep kniehalter.

Stereotipering, soos die stelling dat vroue meer emosioneel en sensitief as mans is en daarom nie opgewasse is om in dié beroep sukses te behaal nie, word daagliks gehoor.

Maar vroue in dié beroep het reeds meer as hierdie vooroordele oorkom en die hindernisse en stereotiperings word een vir een van die tafel afgevee.

Vroue is vandag van die land se beste regspraktisyns. Daarvan is advokaat Glynnes Breytenbach en regter Betty Molamela uitstekende voorbeelde.

Die samelewing het ook die bande van geslags- en rassediskriminasie verbreek; vandag is die strewe dat ʼn gelyke samelewing met meriete-gegronde uitkomste die norm moet wees.

Dit was nie altyd die geval nie. Honderd jaar gelede het die regbank nie net teen vroue in die regsberoep gediskrimineer nie, rasgedrewe wetgewing was ook wettig.

Ongelukkig is die ANC altyd in trurat; vir elke tree wat vorentoe geneem word, neem dié party twee tree terug.

Dit is maar al te duidelik uit die ANC se volgehoue maatstaf dat velkleur, soos met die potloodtoets uit die dae van apartheid, sal bepaal of Suid-Afrikaners suksesvol in hul beroepe is.

Die ANC slinger die land se inwoners met mening terug na ʼn plek waar diskriminasie wettig is, waar mense nie as mense gesien word nie, maar slegs as ʼn getal of ʼn persentasie oftewel ʼn kwota.

Die Vroue Regspraktisynswet van 1923 het bondig verklaar dat vroue in dié beroep aan dieselfde terme en voorwaardes as hul manlike eweknieë onderhewig sal wees en dat die wet dit so sal toepas.

Indien hierdie honderd jaar oue wet toe reeds gelykheid kon wettig, is dit jammer dat die ANC dit steeds nie kan doen nie.

Navrae: 072 997 8315

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.