fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-begroting in Gauteng stimuleer nie ekonomiese groei en werkskepping nie

Die Gauteng-provinsie se begroting, wat vandag aangekondig is, wys geen dringendheid om die ekonomie te laat groei en werk te skep teen die agtergrond van die ANC-geskepte resessie waarin Suid-Afrika tans verkeer nie. Daar is ook nog geen beweging om finaliteit te verkry oor die e-tolstelsel se toekoms nie.

Die grootste deel van die begroting is toegeken aan maatskaplike portefeuljes soos onderwys en gesondheid. Beide die onderwys- en gesondheidsdepartemente is bekend vir swak dienslewering, onderbesteding en politiekery tot voordeel van die ANC-regering.

Die departemente wat wel kon bydra tot regering-geskepte werksgeleenthede en die skep van ‘n gesonde ekonomiese omgewing, naamlik die departemente van ekonomiese ontwikkeling, vervoer, paaie en infrastruktuur, suig aan die agterspeen van die begroting.

Dit is ironies siende dat Nomantu Nkomo-Ralehoko, Gautengse LUR vir finansies, in haar begrotingsrede gesê het haar eerste prioriteite is die ekonomie, werksgeleenthede en infrastruktuur.

Die waarheid is egter dat die ANC weereens ‘n sosialistiese begroting daargestel het. Daar is geen ag geslaan om hulp te bied aan klein- en mediumgroot-ondernemings wat die grootste werkskeppers is nie. Daar kon byvoorbeeld finansiële aansporings geskep gewees het om dié ondernemings in die moeilike ekonomiese omgewing by te staan.

Die begroting is verbeeldingloos, sonder dringendheid en sonder die besef dat die geld vir maatskaplike uitgawes binnekort gaan opraak.

 

Kontaknommer: 082 391 3117

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.