fbpx
Vryheidsfront Plus

Kaping van koeriervoertuig met vuurwapenlisensies bevorder misdaad

Die VF Plus vermoed vuilspel nadat ‘n koeriervoertuig wat vuurwapenlisensies vanaf die Staatsdrukker in Pretoria vervoer het na die provinsiale kantoor in Gauteng, oënskynlik ‘n verkeerde roete via Dobsonville in Soweto gevolg het en daar gekaap is.

Duisende lisensies is in die proses geroof en is nou in die hande van misdadigers. Dit wek groot kommer veral by vuurwapenhandelaars aangesien persone met ‘n geroofde lisensie ammunisie kan koop en handelaars moet hierop bedag wees.

Die VF Plus het vanoggend in die parlement se portefeuljekomitee vir polisie vrae oor die voorval gevra en die nasionale kommissaris van polisie, genl. Khehla Sitole, was aanvanklik nie daarvan bewus nie.

Eers nadat sy generaals navraag gedoen het, het hy in die komitee bevestig die VF Plus se inligting is korrek. Die saak, wat op provinsiale vlak ondersoek is, se prioriteit is nou tot nasionale vlak verhoog.

Daar word deurentyd gesê dat wettige vuurwapeneienaars van Suid-Afrika die probleem skep van onwettige vuurwapens wat in omloop is wat misdaad bevorder. Hierdie voorval wys duidelik dat die polisie, wat lisensies moet uitreik, nie eens behoorlike voorsorgmaatreëls kan tref om die lisensies te beveilig nie.

Die vraag bly waarom die lisensies via Dobsonville vervoer is. Vir die VF Plus lyk dit na misdaad wat gepleeg is na die uitlek van binne-inligting en die party het daarop aangedring dat die saak dringend ondersoek word en dat lisensies heruitgereik kan word om misdaad te voorkom.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.