fbpx
Vryheidsfront Plus

Alles moontlik moet gedoen word om wet en orde in Suid-Afrika te herstel (Debat in die Stad Kaapstad oor taxi-geweld)

Die VF Plus sal enige wetlike stappe steun om wet en orde in Suid-Afrika te herstel sodat die land se inwoners weer sonder vrees in veiligheid kan leef.

Die ANC-regering is alleen verantwoordelik vir die huidige kultuur van wetteloosheid omdat hy Suid-Afrika se eens bekwame strafregstelsel vernietig het en daagliks toesien dat korrupsie en ander misdade straffeloos gepleeg word.

Die gevolg is dat Suid-Afrika ʼn toevlugsoord vir misdadigers en misdadigheid geword het met internasionale misdadigers wat hierheen stroom om die gereg in hul eie land te ontduik.

Die bekende Afro-Amerikaanse skrywer, digter, dramaturg en aktivis, James Baldwin, het gesê: “Nie alles wat in die gesig gestaar word, kan verander word nie… maar niks kan verander word totdat dit in die gesig gestaar word nie.”

Die Wes-Kaap, en veral Kaapstad, het ongeregverdigde geweld ervaar omdat taxi’s geskut is wat die Wet op Nasionale Landvervoer oortree het. Landswette moet sonder uitsondering streng toegepas word.

Onderhandelings tussen die owerhede en taxi-organisasies moet dan ook binne die voorskrifte van landswette gevoer word.

Die VF Plus regeer gesamentlik in elf munisipaliteite in die Wes-Kaap in ʼn koalisie-regering en sal nie met gevoude arms sit en toesien dat wetteloosheid aan die orde van die dag is nie.

Die party versoek daarom wetstoepassers om die land se wette sonder vrees of vooroordeel toe te toepas. Die kultuur van wetteloosheid in die land moet verander word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.