fbpx
Vryheidsfront Plus

Noord-Kaapse gesondheidshoof vir een klag gevonnis en weer vir ʼn ander in hegtenis geneem

Dat die Noord-Kaapse gesondheidshoof binne ʼn week op een klag gevonnis en op ‘n ander in hegtenis geneem is, laat die vraag oor hoe hy in die eerste plek in die pos aangestel is.

Dr. Dion Theys is eers vir bedrieglike huurtransaksies ter waarde van R13 miljoen gevonnis en word nou vir die bedrieglike aankoop van beskermende toerusting aangekla.

Dit is reeds opspraakwekkend. Maar dat hy ten tyde van dié gebeure nog as departementshoof opgetree het, is niks minder as ‘n skande nie.

Theys is vroeg in 2022 as waarnemende departementshoof geskors. In daardie stadium was albei sake, die een wat uit 2013 dateer en die ander uit die Covid-19-pandemie, hangend.

Theys het in Februarie vanjaar teruggekeer werk toe nadat die spesiale ondersoekeenheid (SO) die saak oor beskermende toerusting tydelik teruggetrek het.

Theys het beweer dat sy naam daarmee in ere herstel is, maar die SOE het verklaar dat hy wel meen dat daar ‘n saak teen hom is. Hulle het egter meer tyd vir die ondersoek benodig.

Hoewel hy in ‘n vorige pos as direkteur aangestel is en die departement in Mei vanjaar nog geen vaste hoof gehad het nie, is Theys intussen in daardie pos aangestel.

Klaarblyklik het sy skuldigbevinding in die huursaak geen invloed op sy posisie gehad nie, want die departement se Facebook-blad het hom Dinsdag nog as departementshoof aangedui.

Hy het in dié hoedanigheid prestasie-evaluering in Upington bygewoon.

Woensdag, twee dae na sy ander vonnis, is Theys en nog vyf hoë amptenare in die departement saam met twee persone uit die private sektor oor die beweerde bedrog met beskermende toerusting in hegtenis geneem.

Dat iemand met ‘n hangende saak en ‘n voortgaande ondersoek teen hom hoegenaamd kon terugkeer werk toe, dui reeds op diepgewortelde korrupsie. Dat hy tot departementshoof bevorder is, toon ‘n sistemiese afwesigheid van verantwoordbaarheid in die provinsiale regering.

Terwyl die VF Plus die komende hofsaak nougeset sal volg, moet kiesers besef dat dié soort korrupsie slegs uitgeroei kan word indien die ANC uit die kussings gelig word.

Dit kan met die 2024-verkiesing gedoen word. Die Noord-Kaap verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.