Die VF Plus gaan ‘n dringende vergadering met die Oos-Kaapse LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (Cogta), Xolile Nqatha, aanvra na hy verlede week gevra het dat die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) onder administrasie geplaas moet word.
Die metro sit sonder burgemeester, die waarnemende stadsbestuurder is totaal onbevoeg en geen aandag word gegee aan probleme in die metro wat nasionale tesourie uitgewys het nie
Alle pogings moet as ‘n saak van die uiterste dringendheid aangewend word om stabiliteit en orde in die metro te herstel. Daar moet veral antwoorde gegee word op nasionale tesourie se vrae aangaande die wanbestuur van fondse.
Die VF Plus sou wou sien dat orde herstel moet word om administrasie te vermy of af te weer en sal daarop aandring dat ‘n raadsvergadering gehou word om allereers ‘n burgermeester te verkies.
Die klag dat ‘n onbevoegde amptenaar as stadsbestuurder aangestel is, kan en moet op provinsiale vlak aangehoor en ondersoek word.
Die ANC-regering is nie in staat om munisipaliteite te bestuur nie. Hy is nie eens in staat om dié wat onder administrasie is te bestuur of wat om in sulke gevalle te doen nie. Nqatha se versoek om administrasie dra geen gewig nie en moet gesien word as ‘n ANC-magstryd en -politiekery binne die metro.
Navrae: 082 822 3414