fbpx
Vryheidsfront Plus

Al-Basjir: Suid-Afrika se status as muishondland groei vinnig

Die feit dat Suid-Afrika geweier het om ’n persoon in hegtenis te neem wat hom aan ernstige menseregte-vergrype skuldig gemaak het, dien as bewys dat die ANC-regering nie veel waarde heg aan menseregte nie en die mense van Suid-Afrika moet daarvan kennis neem, sê dr. Corné Mulder, die VF Plus se hoofsweep.

Dr. Mulder sê die uitspraak van die Internasionale Strafhof dat Suid-Afrika Al-Basjir wel in hegtenis moes neem, was te verwagte.

Hy sê ook dit is kommerwekkend dat Suid-Afrika se regering sy eie vertolking kon heg aan duidelike riglyne van die strafhof wel wetende hy tree teenstrydig op met die Statuut van Rome.

“Die strafhof se uitspraak bevestig wat die howe in Suid-Afrika reeds bevind het. Dit is dus duidelik dat die Suid-Afrikaanse regering willens en wetens verkeerd opgetree het toe hy geweier het om die strafhof se opdrag uit te voer.

“Suid-Afrika se geldsake is onlangs tot rommelstatus afgegradeer. Nou hierdie uitspraak. Suid-Afrika se status as een van muishondlande van die wêreld vinnig groei,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.