fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom uitspraak oor vuurwapens ten gunste van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria ten gunste van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging wat bepaal dat lisensies van vuurwapens wat onder die Vuurwapenbeheerwet uitgereik is en wat verval het of hernu moet word, geldig sal bly totdat die Grondwethof daaroor uitsluitsel gee, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Die hof het bevind dat artikels 24 en 28 van dié Wet ongrondwetlik is.

Dr. Groenewald sê dit beteken dat wettige vuurwapeneienaars nie meer hul wapens aan die staat hoef te verbeur omdat hul lisensies verval het nie. Hy sê die polisie moet ook seker maak dat klagtes teruggetrek word waar beslag gelê is op vuurwapens en waar sake teen eienaars geopen is.

“Daar word nogtans ‘n beroep gedoen op vuurwapeneienaars om voort te gaan met die hernuwing van hul vuurwapenlisensies en hul bevoegdheidsertifikate al is die sperdatum reeds verby. Die polisie kan dit nie meer weier nie.

“Hierdie hofsaak is ‘n deurbraak vir alle vuurwapeneienaars en die VF Plus wil die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging bedank dat hulle volhard het om die saak tot hier te voer,” sê dr. Groenewald.

Kontaknommers: 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.