fbpx
Vryheidsfront Plus

Bankrot SAL gee borgskappe van honderde miljoene rand

Terwyl die staat die afgelope naweek dringend moes ingryp om die totaal bankrot Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) met R2,2 miljard te red, blyk dit uit ‘n vraag van die VF Plus aan die minister van finansies dat die SAL in rojale geldvermorsing honderde miljoene rande aan borgskappe uitdeel.

Volgens dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, is daar sedert 2013 reeds borgskappe van sowat R127 miljoen toegeken aan onder meer die Springbok-rugbyspan, die land se Olimpiese span, die Mej. Suid-Afrika-kompetisie, die Afrika-Spele, die International Jazz Extravaganza en aan Bafana Bafana.

Die sokkerspan word nog tot in Maart 2021 geborg met R25 miljoen per jaar wat die totaal aan borgskappe tot dan meer as R200 miljoen sal laat beloop.

Die reddingsboei van R2,2 miljard is oor die naweek na die SAL uitgegooi sodat agterstallige skuld aan Standard Chartered Bank betaal kon word. Luidens die minister se antwoord op die VF Plus se vraag is die borgskappe in die vorm van goedgunstige waarde (value-in-kind) en nie kontant nie wat op gratis lugreise neerkom.

Met die laaste sitting van die parlementêre portefeuljekomitee einde Maart vanjaar het dit geblyk dat die SAL se verlies in die 2017-boekjaar tot R4,5 miljard kan beloop terwyl die redery R8,9 miljard se lenings in die huidige boekjaar sal moet terugbetaal. Hiervan het die staat nou R2,2 miljard gegee vir Standard Chartered.

Dr. Groenwald sê dit is onaanvaarbaar dat die bankrot SAL wat die afgelope jare met miljarde rande se belastinggeld aan die lewe gehou moes word, borgskappe van miljoene rande verskaf, al is dit in die vorm van gratis lugreise.

“Dat dit gratis lugreise behels, verander niks aan die saak nie aangesien dit ‘n inkomste sou wees vir die SAL en die las op die belastingbetaler kon verlig. Borgskappe aan sportspanne is in beginsel nie verkeerd nie, maar dan moet die instelling dit kan bekostig en nie ‘n onnodige las op die belastingbetaler plaas nie.

“Die onderpresterende Bafana Bafana is tans 62ste op Fifa se ranglys, en sal daarom sukkel om groot borgskappe vanuit die sakewêreld te lok. In die rugbywêreld is ‘n land soos Venezuela in dieselfde posisie op die ranglys.

“Dit is nie regverdig en aanvaarbaar dat die staat en die publiek ‘n span borg wat soos die SAL onderpresteer nie,” sê dr. Groenewald.

Kontaknommers: 083 419 5403

 

NATIONAL ASSEMBLY

QUESTION FOR WRITTEN REPLY
QUESTION NUMBER: 1617 [NW1822E]
DATE OF PUBLICATION: 9 JUNE 2017

1617. Dr P J Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Finance:†
(1) Whether South African Airways offered any sponsorships in the financial years (a) 2013-14, (b) 2014-15, (c) 2015-16 and (d) 2016-17; if so, (i) to whom, (ii) for what amount, (iii) for what period and (iv) what was the activity in each case for each year;
(2) whether he will make a declaration about the matter? NW1822E

REPLY:

(1) Yes, South African Airways had sponsorship commitments in the financial years (a) 2013-14, (b) 2014-15, (c) 2015-16 and (d) 2016-17. All these sponsorship sponsorships were approved in accordance with the company’s DOA requirements and followed internal approval process. The sponsorships for the above period are listed in the table below:

Sponsorship Property Right Holder Value Period
Springboks SA Rugby R22.5m per annum 2013-14

SA Olympic Teams SASCOC R6m per annum 2014-15
Springboks SA Rugby R22.5m per annum 2014-15

SA Olympic Teams SASCOC R6m per annum 2015-16
Springboks SA Rugby R22.5 per annun 2015-16
Miss South Africa Sun International R594k 2015-16
World Routes UBM R1.5m 2015-16
NBA Africa Games NBA Africa R1.3m 2015-16
International Jazz Extravaganza Teacup Projects Proprietary Limited R1.1m 2015-16

Bafana Bafana SAFA R10m first year
R25m per annum thereafter 2016 – 17
SA Olympic Teams SASCOC R8m per annum 2016-17
Miss South Africa Sun International R596k 2016-17

Notes:
o The SA Rugby sponsorship ended on 31 December 2015.
o The SASCOC sponsorship ended in March 2017
o The SAFA sponsorship for BAFANA BAFANA is a five (5) year agreement that started in April 2016 and ends on 31 March 2021.
o All SAA sponsorships are offered strictly on a Value-In-Kind (VIK) basis. This means the value of the tickets offered and there is no outlay of cash for sponsorship
o The sponsored parties are liable for airport taxes

(2) the details/declarations are included above.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.