fbpx
Vryheidsfront Plus

Datums vir sittings oor ondersoek na vakansieklub-bedryf bekend

Na jare van onverpoosde werk van die VF Plus om ongerymdhede in die vakansieklub-bedryf te laat ondersoek, het die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) van die datums vir sittings in die verskillende provinsies bekend gemaak, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Volgens adv. Alberts is dit nog nie bekend presies waar die sittings sal plaasvind nie, maar die VF Plus sal dit, asook enige ander inligting wat mettertyd beskikbaar raak, aan die publiek deurgee.

Die beskikbare datums is soos volg:

KwaZulu-Natal : 24 – 27 Julie

Mafikeng : 14 – 15 Augustus

Polokwane : 21 – 22 Augustus

Oos-Kaap : 28, 29 en 30 Augustus

Gauteng : 4, 5, 6 en 7 September

Noord-Kaap : 11 – 27 September

Wes-Kaap : 10 – 15 Julie

Mpumalanga : (nog nie bekend)

Vrystaat : (nog nie bekend)

Adv. Alberts sê dié vordering is ‘n groot oorwinning vir VF Plus en bring hoop vir lede van vakansieklubs wat oor die jare onlosmaaklik deur kontrakte aan die klubs gebind is.

“Die VF Plus is verheug dat hierdie punt eindelik bereik is, en moedig die publiek aan om deel te neem sodat gebreke en ongerymdhede in die bedryf reggestel kan word.

“Enige navrae kan aan gerig word aan mnr. Neels Hattingh van die VF Plus by neels@vfplus.org.za. Hy kan ook geskakel word by 012-772 4410.

“Die VF Plus ondersoek tans, met die goedkeuring van die verbruikerskommissie, die moontlikheid om ‘n deur ‘n hofaansoek of met ingryping van die verbruikerstribunaal alle bestaande kontrakte ongeldig te laat verklaar terwyl die huidige ondersoek aan die gang is,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.