fbpx
Vryheidsfront Plus

Vryheidsdag: Ware vryheid in Suid-Afrika binne sig

Ná drie dekades waarin ʼn onbevoegde regering Suid-Afrikaners se regte en vryhede stelselmatig afgetakel het, is ware vryheid eindelik in sig met die verkiesing op 29 Mei.

Met die ANC se steun aan die taan, is dit belangriker as ooit tevore vir elke stemgeregtigde persoon om sy stem te gebruik om Suid-Afrika te red. Wegblyers moet besef dat dit juis hul stil stem is wat die ANC vir nog ʼn termyn aan bewind kan hou.

Dit kan nie bekostig word nie. Nog ʼn termyn onder die ANC sal die land vernietig. Vryheid raak toenemend op elke gebied weggekalwe en die ekonomie raak by die dag swakker.

Die ANC het finaal bewys hy is nie in staat om te regeer nie. Geen beloftes sal dit verander nie. Veral die bewindstydperk van president Cyril Ramaphosa sal onthou word as die termyn van leë beloftes.

Ironies genoeg is dit juis die ANC-regering se grootste instrumente om gelykheid te bewerkstellig, swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie (RA), wat die grootste skade aan die land aangerig het.

In dié proses speel meriete en bevoegdheid geen rol nie, slegs kleur. Vaardigheidsoordrag en -ontwikkeling vind nie plaas nie en eindelik word almal in die land benadeel.

Die bewys hiervan is dat altesame 26 miljoen mense in Suid-Afrika maandeliks ʼn staatstoelaag ontvang en 7,34 miljoen het geen werk of inkomste nie (Statista). Dit is nie volhoubaar met die land se krimpende ekonomie nie.

Geen mens sonder werk, geld of kos kan sê hy ken vryheid nie. Mense is ook nie vry as die riool deur hul huise en strate loop nie. Mense sonder krag en water is nie vry nie. Dan raak die woord betekenisloos.

Hierdie probleme is vinnig besig om te vererger. Met die ANC in beheer stuur die land onvermydelik op rampspoed af.

Die publiek sal nou self moet optree om hul vryheid te bekom en ’n toekoms vir hulle en hul kinders te skep. Dit kan nie langer uitgestel word as 29 Mei vanjaar nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.