fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom inhegtenisnemings na aanval op boer naby Potchefstroom

"Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van sewe verdagtes vir die aanval op mnr. André Marais op sy plaas buite Potchefstroom vroeër die week," sê Fanie du Toit, VF Plus-LP in die NRP.

"Die VF Plus bedank die lede van die verskillende polisie-eenhede wat onverpoos saamgewerk het om die aanvallers vas te trek.

 

"Hierdie samewerking tussen die polisiekantoor op Khutsong, die trio-taakspan, dwelm-eenheid en die plaaslike speurdiens, wys weer hoe suksesvol behoorlik gekoördineerde polisie-optrede is."

 

"Die rol van gemeenskapslede wat die aanvanklike leidrade aan die polisie verskaf het, is ook van onskatbare waarde.

"Hierdie soort optrede behoort die grondslag te vorm vir die polisie se landelike veiligheidsplan. Die VF Plus doen 'n beroep op die polisie om ook die spesialis-eenhede verder uit te bou en te versterk om te voorkom dat landelike gebiede in anargie en misdadigheid verval," sê du Toit.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.