Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nuwe dagbreek realiseer toe nie onder Ramaphosa, eerder ‘n sonsondergang

"Die omvattende korrupsie tydens die huidige Covid-19-inperkingstydperk onderstreep opnuut dat die “nuwe dagbreek” van korrupsiebestryding nie vir Suid-Afrika aangebreek het soos wat president Cyril Ramaphosa met sy inhuldiging as president beloof het nie," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Dit lyk veel eerder na ‘n sonsondergang vir die land.

"Die omvang van die bedrog en korrupsie is tewens so erg dat die president self erken dat die ANC beskuldigde nommer een is wat korrupsie in die land aanbetref.

"Met die aankondiging van die reddingspakket van R500 miljard vir die pandemie het president Ramaphosa ‘n punt daarvan gemaak om te sê hy sal seker maak dat die fondse nie wanaangewend word nie.

 

"Dit dien as bewys dat die president toe al geweet het daar sal in alle waarskynlik grootskaalse korrupsie en stroping van die geld wees, wat toe wel so was. Die vraag is dan wat het die president gedoen om die stroping te voorkom, wel wetende dat korrupsie ‘n wesenlike gevaar is."

 

"Die bewyse wat nou na vore kom oor die omvang van die korrupsie, wys dat daar niks gedoen is om dit te verhinder nie.

"Die president het die mense van die land mislei oor sy voorneme om die bedrog en korrupsie te keer. Dit was net lippetaal," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.