fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung-inwoners betaal R200 000 vir twee begrafnisse

Na die afsterwe van twee Mangaung-metroraadslede, is daar tydens ‘n spesiale raadsvergadering ‘n bedrag van R200 000 vir dié twee begrafnisse goedgekeur.

Die VF Plus het hierdie besluit nie gesteun nie, aangesien R100 000 vir een begrafnis uitermatig hoog is terwyl die huidige rampbestuurregulasies in duidelike terme bepaal dat die bywoning van 'n begrafnis tot vyftig persone beperk is.

Die koste per begrafnis is nie versoenbaar met die hoeveelheid persone wat teenwoordig mag wees nie. ‘n Kleiner groep behoort aansienlik minder te kos, omdat kostes bespaar word met spyseniering, drukwerk en die gebruik van kleiner lokale.

Dit is onaanvaarbaar dat belastingbetalersgeld gebruik word om as begrafnispolis vir raadslede te dien, wanneer die metro nie verantwoordelik optree en verpligte begrafnisdekking vir alle raadslede aanmoedig om hierdie onreëlmatige besteding te voorkom nie.

Fondse vir begrafnisse moet eerder bestee word om die skandelike toestand van begraafplase in die metro te herstel en in stand te hou.

Navrae: 082 305 1540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.