fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus teen opgeblase verhoging vir finansiële bestuurder van Rand West City

Die VF Plus het gister tydens ‘n raadsvergadering van die Rand West City-plaaslike munisipaliteit (Randfontein, Westonaria) teen ‘n verhoogde salarisaanbod vir die nuwe hoof-finansiële beampte gestem.

Die nuwe hoof-finansiële beampte, mnr. Gareth Mnisi, was nie tevrede met die aanvanklike aanbod van R1 055 459 nie en die burgemeester, Gladys Khosa, het voorgestel dat sy aanbod na R1 427 459 verhoog word.

Die VF Plus het voorgestel dat die raadsbesluit van 3 Augustus eerbiedig word en die aanbod met dieselfde voorwaardes aan die tweede kandidaat, Thinavhuyo Mpye, gemaak word.

Dié raadsbesluit het bepaal dat drie kandidate op die kortlys vir die pos van hoof-finansiële beampte geplaas word met Mnisi as die eerste kandidaat teen die geadverteerde salaris van R1 055 459.

Indien hy nie die aanbod aanvaar nie, moet dieselfde aanbod aan die tweede kandidaat gemaak word.

Mnisi het die aanbod van die hand gewys, maar die burgemeester wou hom ‘n verhoogde pakket van R1 427 459 aanbied in plaas daarvan om die oorspronklike aanbod aan die tweede kandidaat te maak.

Die voorstel het tot stemming oorgegaan en 33 raadslede het teen die VF Plus se voorstel gestem en 26 lede het die voorstel ondersteun.

Die VF Plus het met die vorige raadsvergadering ook sy teenstem uitgebring om die salaris van die nuut aangestelde munisipale bestuurder, Thabo Collin Ndlovu, met R421 100 per jaar te verhoog. Die voorstel van ‘n verhoogde salaris is egter deur die meerderheid van raadslede ondersteun.

Ndlovu ontvang nou ‘n jaarlikse salaris van R1 698 573.

Die Rand West City-munisipaliteit is finansieel onder druk en kan nie sy skuldeisers betaal nie.

Sy skuld net aan Eskom alleen beloop R840 miljoen.

Hierdie is weereens ‘n bewys van die ANC-beheerde raad se verkeerde prioriteite en sy minagting van inwoners se reg tot behoorlike dienslewering.

Amptenare verdien opgeblase salarisse, maar inwoners se omstandighede verbeter geensins nie.

Rand West City verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.