fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung: Nog ‘n VF Plus-mosie slaag – hoofsweep verwyder

Die hoofsweep van die Mangaung-metroraad, mnr. Vumile Nikelo, is op 'n raadsvergadering deur die VF Plus se mosie van wantroue verwyder.

Dié mosie het met 64 stemme teenoor 38 geslaag. Nikelo is ‘n raadslid van die ANC.

Die VF Plus het die mosie van wantroue teen die hoofsweep ingedien omdat hy versuim om sy pligte kragtens die Munisipale Strukturewet na te kom.

Wantroue in Nikelo het hoofsaaklik ontstaan omdat hy in opdrag van die tussentydse ANC-streekskomitee ‘n skrywe aan die speaker van die metroraad gerig het waar hy as hoofsweep die speaker opdrag gee om geen verdere raadsvergaderings te hou nie.

Nikelo het sy eie politieke belange bo dié van die metro gestel en het ‘n opdrag gegee wat kon lei tot die benadeling van die werksaamhede van die raad.

Hierdie soort misbruik van mag kan verder daartoe lei dat die raad later ineenstort en dat dienslewering in Mangaung verder benadeel word.

Al die opposisiepartye in die raad het die mosie gesteun.

Die VF Plus verwelkom die feit dat die meerderheid raadslede oor partypolitieke grense heen volgens hul gewete gestem het om die hoofsweep te verwyder.

Dit is ‘n oorwinning vir die inwoners van die metro.

Die VF Plus het ook in Augustus 2020 die voormalige burgemeester, Olly Mlamleli, verwyder deur ‘n suksesvolle mosie van wantroue.

Alle inwoners verdien ‘n beter plaaslike regering met verantwoordelike ampsdraers.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.