Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun nie Johannesburg se salarisverhoging vir raadslede

Die VF Plus het nie die goedkeuring van ʼn salarisverhoging vir raadslede van die Johannesburgse metroraad gesteun nie.

Dié verhoging staan in die lig van Johannesburg se finansiële verknorsing en is onderdeurdag.

Alhoewel die salarisverhoging vir raadslede nie die raad se finansies in geheel beïnvloed nie, stuur dit ʼn negatiewe boodskap aan inwoners.

In die 2023/24-finansiële jaar het die metro boonop slegs 74% van sy kapitale begroting bestee.

Die groot agterstand in kapitaalprojekte, veral by Johannesburg Water en City Power wat miljarde beloop, is ook ʼn groot bron van kommer.

Johannesburg gaan verder gebuk onder watertekorte weens vervalle infrastruktuur wat veroorsaak dat 40% van die stad se water verlore gaan weens waterlekkasies. Onwettige waterkoppelings dra verder by tot die probleem.

Die VF Plus kan nie toekyk hoe Johannesburg verder verval en dienslewering by die dag verswak terwyl ampsdraers se beursies bult nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.