Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mislukking van plaaslike regering in Gauteng hou bedreiging in vir Suid-Afrika en Sub-Sahara Afrika

Gautengse munisipaliteite se mislukte dienslewering hou nie net ʼn ernstige bedreiging in vir Suid-Afrika se ekonomie en stabiliteit nie, maar selfs vir Sub-Sahara Afrika.

Alhoewel Gauteng slegs 1,4% van Suid-Afrika se grondoppervlak beslaan, woon meer as ʼn kwart Suid-Afrikaners in dié provinsie en dra dit by tot 33% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) en 8% tot dié van Sub-Sahara Afrika.

Gauteng beskik oor die vierde grootse ekonomie in Afrika, naas Suid-Afrika in geheel, Egipte en Nigerië.

Dienslewering in die nege plaaslike munisipaliteite en twee distriksmunisipaliteite in Gauteng het ʼn nuwe laagtepunt bereik met onder meer ʼn grootskaalse waterkrisis vanweë waterlekkasies en die jare lange verwaarlosing van infrastruktuur, onwettige waterkoppelings en behuisingsontwikkelings.

Die wanbetaling van munisipaliteite aan Randwater, onakkurate geïntegreerde ontwikkelingsplanne en die feit dat die Lesotho Hoogland-waterskema vir minstens ses maande nie water aan Gauteng sal kan lewer vanweë geskeduleerde instandhoudingswerk nie, vererger die krisis.

Verder vind grootskaalse rioolstortings in kosbare waterbronne plaas soos tans gebeur in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit. Uiteindelik word selfs die waterbronne van buurlande besoedel.

Basiese dienslewering het reeds gefaal en bykans al die munisipaliteite in Gauteng is bankrot en onvolhoubaar.

Die ANC gebruik munisipaliteite boonop as ʼn kanaal vir die ontplooiing van kaders.

Gautengers word tans gestraf met streng waterbeperkings en gedreig met vervolging terwyl die onbevoegde Gauteng-regering en amptenare in munisipaliteite skotvry daarvan afkom.

Gautengse munisipaliteite het dringend provinsiale ingryping nodig, maar die probleem is dat die Gauteng-regering self toenemend wanfunksioneel raak en self ingryping benodig.

Die nasionale regering sal munisipale amptenare wat wetgewing oortree en in besonder verantwoordelik is vir die besoedeling van waterbronne, korrupsie en bedrog, strafregtelik moet vervolg.

Die VF Plus doen ʼn beroep op die regering om nou dringend spesiale ondersoekeenhede tot stand te bring om dit te ondersoek.

Die stelsel van plaaslike regering moet hersien word. Die basiese regeringsvlak moet die plaaslike gemeenskap wees. Die grootste mislukking van die ANC is juis die stand van plaaslike munisipaliteite.

Die nasionale regering sal moet ingryp en die uitvoerende gesag in Gauteng tot orde roep.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.