Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus stel ultimatum aan Emalahleni-bestuur weens rioolkrisis

Die VF Plus het ‘n skriftelike ultimatum aan die bestuur van die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit gestel om teen einde September op te tree aangaande die voortslepende rioolkrisis in dié munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, Emalahleni / Witbank).

Indien dit nie gebeur nie, sal die VF Plus ‘n strafregtelike klag indien teen die munisipale bestuurder, mnr. Humphrey Mayisela, weens nalatige en swak munisipale bestuur.

Daar is wesenlike kommer oor die onmiddellike omgewings- en gesondheidsrisiko wat die rou riool inhou wat vanaf die rioolstasie in Ben Fleur, na die omliggende gebiede en daarna in die waterbronne in die gebied gelek word.

Die rioolbesoedeling is weens die gebrek aan instandhouding van verouderde infrastruktuur en verstopte dreine.

Die party het reeds in Augustus 2022 versoek dat ‘n tegniese span uitgestuur word om die situasie te ondersoek. In die afgelope jaar was daar egter nog geen optrede nie.

Die VF Plus het ook sy kommer uitgespreek oor die besoedeling tydens ʼn algemene raadsvergadering aan die begin van September.

Bogenoemde versoeke om optrede is blatant geïgnoreer.

Dit is ʼn skande dat ‘n noodsaaklike hulpbron soos water bedreig word deur lakse en onbevoegde plaaslike ANC-regerings soos in Emalahleni.

Die VF Plus sal aanhou veg vir inwoners se reg om in ʼn skoon en veilige omgewing te woon en werk. Die gemeenskap verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.