fbpx
Vryheidsfront Plus

Phalaborwa-brande: Groot skade ondanks VF Plus se waarskuwing oor waterverskaffing

Ondanks die VF Plus se waarskuwing in Maart vanjaar dat die Mopani-distriksmunisipaliteit sy agterstallige skuld aan Lepelle Northern Water (LNW) moet vereffen, is groot skade op Phalaborwa aangerig in die afgelope naweek se verwoestende brande.

LNW het Phalaborwa gestraf met ʼn 20%-beperking in waterverskaffing en ’n tekort aan water was ’n groot faktor wat brandbestryding gekniehalter het.

Die party het in sy skrywe aan Ba-Phalaborwa-plaaslike munisipaliteit (Phalaborwa) se waarnemende munisipale bestuurder, dr. Kgoshi Lucas Pilusa, sy kommer uitgespreek oor die verloop van sake en het dringende optrede geëis.

Die party se poging het op dowe ore geval en die skade en verliese moet voor die ANC-beheerde munisipaliteite se deur gelê word.

Die waterbeperking is steeds van krag.

Getroue belastingbetalers lei onder die ANC se wanbestuur van die Ba-Phalaborwa-munisipaliteit en die Mopani-distriksmunisipaliteit.

Inwoners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.