fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-oorwinning teen ANC se samesmeltingspoging van Rustenburg, Madibeng en Kgetlengrivier

Die munisipale afbakeningsraad (MDB) het amptelik aangekondig dat die ANC-gedrewe poging om die munisipaliteite van Rustenburg, Madibeng (Brits en Mooinooi) en Kgetlengrivier (Koster, Swartruggens en Derby) in ʼn metro te laat saamsmelt, formeel van die baan is.

Hierdie aankondiging volg nadat die VF Plus, in samewerking met gemeenskapsorganisasies, ʼn omvattende gemeenskapsveldtog geloods het om die samesmelting te keer. Meer as vyfduisend formele besware is binne ʼn week by die VF Plus ingedien wat tesame met die party se omvattende beswaar, by die MDB ingedien is.

Die VF Plus is die enigste party wat teen die voorgestelde samesmelting gestem het in die Rustenburgse munisipale raad. Raadslede van die ander partye se steun vir die ANC-voorstel was skynbaar gemotiveer deur die feit dat raadslede in metro’s aansienlik meer verdien as dié in Rustenburg, Madibeng en Kgetlengrivier.

Die VF Plus het sterk kapsie gemaak daarteen en het uitgewys dat só ʼn lompe munisipaliteit noodwendig tot verdere agteruitgang en die verval van dienslewering sal lei.

Hierdie oorwinning vir die betrokke gemeenskappe beklemtoon weer die belangrikheid van inwoners se betrokkenheid om te verenig agter kwessies wat hul toekoms raak.

Die VF Plus sal voortgaan om te stry teen selfdienende pogings van die ANC en ander partye om besluite deur te voer ten koste van gemeenskapsbelange.

Noordwes se inwoners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.