fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus help tweede keer om dak van ʼn substasie in Vanderbijlpark te herstel

Die VF Plus het in samewerking met verskeie donateurs die dak van die Town-substasie in Vanderbijlpark herstel wat in ʼn brand beskadig is.

Dit is die tweede keer dat die VF Plus en donateurs betrokke is by die herstelwerk van dié substasie. In 2018 is die substasie ook gedeeltelik in ʼn brand verwoes. 

ʼn Brand het op die nag van 26 Augustus by dié substasie in Curie Boulevard uitgebreek en feitlik al die elektriese komponente vernietig. Die dak is ook beskadig.

Groot dele van die ouer gedeeltes van Vanderbijlpark en omliggende kleinhoewes is sonder krag gelaat. 

Herstelwerk vorder stadig weens die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se benarde finansiële posisie. 

Gedeeltes van Vanderbijlpark se CW- en NW7-gebiede (Bonanné, Muvhango, Stephanopark-kleinhoewes en Bophelong se 18 uitbreidings) wat sedert die onderbreking nog sonder krag is, behoort vandeesweek herstel te wees.

Die VF Plus het besluit om in te spring en te help met die herstel van die dak. Verskeie donateurs het hulp en skenkings aangebied.

Hierdie poging is nóg ʼn voorbeeld oor hoe ʼn gemeenskap kan saamstaan om te herstel en bou.   

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.