fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus help om mini-substasie in Kemptonpark te beveilig

Die VF Plus het kragte saamgesnoer met ʼn private sekuriteitsmaatskappy om gisteraand ʼn mini-substasie in Kemptonpark te beskerm ná dit die vorige nag gevandaliseer is.

Dit is die vyfde mini-substasie in Kemptonpark wat binne ʼn paar weke gevandaliseer is.

Die Ekurhuleni-metro se departement van elektrisiteit het op 4 Julie die mini-substasie vervang ná dit in die vroeë oggendure gevandaliseer is.

Die departement het egter nagelaat om die kragverbinding na Norkempark te koppel.

Die metro se sekuriteitsdienste het ook nie mini-substasie bewaak om verdere vandalisme te keer nie.

Die VF Plus en personeel van die sekuriteitsmaatskappy, MML, het die perseel deurnag beveilig en ook die omliggende strate gepatrolleer.

Die VF Plus is onwrikbaar verbind tot die beveiliging van kritieke infrastruktuur tot voordeel van die gemeenskap.

Die party sal weereens ‘n beroep op die raad doen om plaaslike sekuriteitsmaatskappye aan te wend om onder meer kraginfrastruktuur te beskerm.

Plaaslike sekuriteitsmaatskappy is vertroud met die omgewing en is beter toegerus om voorvalle van diefstal en die vandalisering van infrastruktuur te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.