fbpx
Vryheidsfront Plus

Tzaneen-brande: VF Plus doen beroep op premier om bystand

Die VF Plus het gisteraand ’n dringende beroep gedoen op die nuutverkose premier van Limpopo, me. Phophi Ramathuba, om toe te sien dat bykomende bystand gereël word om die veldbrande in omliggende dele van Tzaneen te bestry.

Brandbestryders probeer sedert Maandag om veldbrande in Magoebaskloof, George’s Valley en die Wolkberg-natuurreservaat in bedwang te bring.

Die party het Ramathuba versoek om brandbestrydingseenhede van ander gebiede na Tzaneen te ontplooi om bystand te verleen.

Die VF Plus doen verder ʼn beroep op boere om die nodige brandbane en -paaie te skep en te onderhou om die verspreiding van veldbrande te beperk, veral met die brandseisoen op hande.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.