Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane se nuwe standaarde vir vullisverwydering verwelkom

Die VF Plus verwelkom die besluit van die Tshwane-burgemeesterskomitee om nuwe standaarde in plek te stel vir kontrakteurs wat vullisverwydering behartig.

Die besluit volg ná baie klagtes van inwoners dat kontrakteurs se voertuie hul asblikke beskadig.

Die VF Plus glo die nuwe besluit sal vir inwoners van Pretoria en omliggende gebiede beter waarde vir hul belastinggeld gee.

Die nuwe standaarde is soos volg:

• In elke voertuig moet ʼn opsporingsapparaat geïnstalleer wees.
• Elke voertuig moet padwaardig en in ʼn goeie toestand wees.
• Die kontrakteur moet oor al die relevante eNaTIS- ]dokumente beskik.

Die aanstelling van nuwe kontrakteurs sal oor ʼn tydperk geskied en moontlike groeipyne is nie uitgesluit nie. Die VF Plus maan inwoners om geduldig tydens die proses te wees.

Die VF Plus neem ook kennis van die intimidasie van vorige kontrakteurs teenoor huidige en nuwe kontrakteurs. Dit word ten sterkste veroordeel. Kontrakteurs moet die belange van inwoners eerste stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.