Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Salarisdispuut in Emfuleni lei tot beslaglegging van munisipale voertuie

Dienslewering in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het vanoggend ʼn verdere terugslag gehad toe die balju beslag gelê het op ʼn groot deel van die munisipaliteit se voertuigvloot.

Die beslaglegging is die gevolg van munisipale amptenare se dispuut met Emfuleni oor hul salarisse.

Amptenare op posvlak ses is na hoër posvlakke geskuif, maar die munisipaliteit beskik weens swak beplanning nie oor die fondse om die salarisskale aan te pas nie.

Emfuleni se finansiële penarie is so groot dat hy skaars die basiese dienste kan lewer.

Die munisipaliteit het ʼn werkloosheidsyfer van 56% wat veroorsaak dat sy inkomste veel minder is as waarvoor begroot is.

Verskeie ondernemings het ook hul deure gesluit om finansiële redes of het verskuif na ander munisipaliteite waar beter dienslewering is. Dit beteken ook ʼn afname in munisipale inkomste.

Hierdie beslaglegging wys opnuut wat die gevolge is van die ANC se wanbestuur van die eens vooruitstrewende dorpe in die munisipaliteit.

Dit onderstreep ook die VF Plus se standpunt dat kant-tot-wal-munisipaliteite soos Emfuleni verklein moet word om besluitneming en dienslewering nader aan inwoners te bring.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.