Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus saam met gemeenskap gekant teen Buffalo City se nuwe vaste diensheffing vir lewering van krag

Die VF Plus in die Buffalo City-metroraad is saam met die gemeenskap en belastingbetalersvereniging gekant teen die nuwe elektrisiteitsnetwerk en -diensheffing wat met die aanvang van die nuwe finansiële jaar op 1 Julie ingeskop het.

Daarvolgens moet kragverbruikers benewens die 12,07% verhoging in kragtariewe nou ook ʼn vaste heffing betaal vir die voorreg van kragvoorsiening en die onderhoud van die kragnetwerk.

Inwoners met voorafbetaalde kragmeters sal R376 per maand moet betaal en inwoners met konvensionele kragmeters R660 per maand as vaste diensheffing.

Die VF Plus het in ʼn skrywe aan die munisipale bestuurder, Mxolisi Yawa, daarop aangedring dat die vaste diensheffing heroorweeg moet word aangesien inwoners nie die bykomende finansiële las kan bekostig nie.

Dit is veral minder gegoede huishoudings wat die spit gaan afbyt en op ander uitgawes sal moet besnoei om hul ligte aan te hou.

Die party het ook daarop gewys dat daar geen behoorlike openbare deelnameproses of raadpleging was met inwoners en belastingbetalersverenigings rakende die nuwe vaste diensheffing nie.

Dit is ook nie finansieel lewensvatbaar om inwoners met ekstra belastings te straf om die metro se inkomste tekorte aan te vul nie.

Die metro moet eerder daarop fokus om sy invorderingskoers te verhoog deur nie-betalers van dienste op te skroef as om getroue belastingbetalers verder uit te buit.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.