fbpx
Vryheidsfront Plus

Lesufi se opportunisme ondermyn daarstel van beter bedeling vir Gauteng

Die VF Plus veroordeel die opportunisme van die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, wat die daarstel van ‘n beter bedeling vir Gauteng ondermyn, ten sterkste.

Lesufi se aanstelling van ‘n kabinet wat nie breedweg die samestelling van die regering van nasionale eenheid (RNE) op nasionale vlak reflekteer nie, is vir die VF Plus onaanvaarbaar.

Daarmee is ‘n gulde geleentheid verspeel om ‘n meer verteenwoordigende en redelike regering vir Gauteng daar te stel.

Die sinvolle beleid wat die VF Plus sou kon tafel toe bring, sou Gauteng weer op ‘n ekonomiese groeitrajek kon plaas terwyl veiligheid drasties kon verbeter.

Alhoewel die VF Plus nie enige uitvoerende poste versoek het nie, sou ‘n goed saamgestelde regering van provinsiale eenheid wel die VF Plus se sinvolle beleid aan boord kon neem en uitvoer tot voordeel van Gauteng.

Lesufi gaan ‘n opdraande stryd hê om enige besluite deur te voer omdat hy tans met ‘n wesenlike minderheid regeer. Sonder die steun van die VF Plus en die DA sal Lesufi sukkel om die nodige 50% plus 1 stemme te kry in die wetgewer.

Indien Lesufi die EFF en MK versoek om hom te steun, gaan hy bedenklike kompromieë moet maak wat nie gunstig vir Gauteng sal wees nie weens daardie partye se radikale beleidstandpunte.

Die VF Plus sal sy oorsigfunksie versterk en daarop fokus om die Lesufi-regering meer as ooit aanspreeklik te hou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.