Die VF Plus neem met leedwese kennis van die moord op ʼn bekende sakeman van Ellisras (Lephalale), mnr. Johan Kruger, die afgelope Saterdag.
Die moord op mnr. Kruger het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.
Luidens berigte is mnr. Kruger, eienaar van Speedy-droogskoonmakers op Ellisras, koelbloedig in sy winkel doodgeskiet.
Die VF Plus was oor die naweek in kontak met oud-polisiekolonel Gawie Louwrens (Sakkie) van Bosveld Misdaadondersoeke rondom die voorval.
Die VF Plus het ook gister (Sondag) met die ondersoekbeampte van die moordsaak geskakel en sal vandag weer met die beampte vergader oor die vordering met die ondersoek.
Die party doen weereens ʼn beroep op gemeenskappe om hul veiligheidsmaatreëls op te skerp en betrokke te raak by bestaande veiligheidsnetwerke.
Die VF Plus spreek sy opregte medelye uit met die Kruger-familie.


