fbpx
Vryheidsfront Plus

Krematorium in Ekurhuleni al vir vyf jaar gesluit vir opgraderingswerk

Die krematorium onder beheer van die Ekurhuleni-metro, die Lala Ngoxolo-krematorium, is al vir vyf jaar gesluit vir opgraderingswerk.

Intussen moet inwoners ten duurste gebruik maak van ʼn private krematorium om hul geliefdes te veras.

Die Lala Ngoxolo-krematorium is in 2019 vir opgraderingswerk gesluit. Slegs een oond kon vir verassings gebruik word.

Dié krematorium het in die verlede tot 150 verassings per maand hanteer, maar moes werksaamhede afskaal na ʼn skrale tien per maand.

Probleme soos oorverhitting is met die enigste werkende oond ondervind.

Tydens ʼn raadsitting op 25 Januarie, kon daar geen oplossing gevind word om die krematorium ten volle te laat funksioneer nie.

Die saak is vir die derde keer na die metro se departement van omgewingshulpbronne en afvalbestuur verwys.

Hierdie is net nog ʼn bewys van die ANC/EFF-koalisie se onvermoë om die metro suksesvol tot voordeel van sy inwoners te bestuur.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.