fbpx
Vryheidsfront Plus

Kommunikasietoerusting vir nooddienspersoneel in Noordwes herstel op aandrang van VF Plus

Die adjunkminister van gesondheid, dr. Sibongiseni Dhlomo, het gister tydens ʼn sitting van die nasionale raad van provinsies (NRP) ingestem om toe te sien dat kommunikasietoerusting van nooddienspersoneel in Noordwes dringend herstel en op standaard gebring word.

Hy het hierdie onderneming gegee op aandrang van die VF Plus. Die party het in ʼn parlementêre vraesessie uitgewys dat nooddienspersoneel in munisipaliteite soos die Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit (Matlosana en JB Marks), grootliks op hulself aangewese is wat kommunikasie aanbetref.

Die VF Plus het ook onderneem om alle beskikbare inligting in hierdie verband aan hom beskikbaar te stel

Personeel moet op eie onkoste hul selfone gebruik om met mekaar en met pasiënte in noodsituasies te kommunikeer. Dit is totaal onaanvaarbaar. Dit hou ook ʼn groot risiko in vir pasiënte weens gereelde onderbrekings in selfoonopvangs.

Die VF Plus sal in die belang van die inwoners in Noordwes die adjunkminister by sy onderneming hou en die herstel van die toerusting monitor.

Die inwoners van Noordwes verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.