fbpx
Vryheidsfront Plus

Dringende ingryping nodig om besoedeling van rivierstroom in Kemptonpark stop te sit

Die VF Plus het die Ekurhuleni-metro se burgemeesterskomiteelid vir omgewingshulpbronne en afvalbestuur, Leshaka Manamela, versoek om dringend die onwettige storting van bourommel in ʼn rivierstroom in Constantiastraat Pomona, Kemptonpark, stop te sit.

Dié rivierstroom, soos verskeie ander, mond uit in etlike waterpanne in en rondom Kemptonpark waar pienk flaminke hulle kort voor die Suid-Afrikaanse winter tuismaak voor hul vertrek na hul broeiplek in Tanzanië. Een van die waterpanne is in die bekende Pomula-natuurreservaat geleë.

Trokke en bakkies is ook al gesien wat bourommel in die stroom ingooi.

Die VF Plus is ook bekommerd oor inwoners van nedersettings langs die waterstroom wat hul vullis op die walle van die stroom stort.

Intussen is bouwerk aan ʼn brug wat oor die stroom gebou word tans in aanvang en sal hopelik teen die einde van die maand voltooi wees.

Die party sal die bouterrein gereeld besoek om te monitor dat geen bourommel agtergelaat word nie.

Die VF Plus het die volgende aan mnr. Mamanela voorgestel om die besoedeling stop te sit:

  1. Verhoogde toesig en monitering: Onmiddellike ontplooiing van omgewingsbeamptes om die geraakte gebied streng te monitor om verdere onwettige stortings te keer.
  2. Streng handhawing van omgewingsregulasies: Vinnige regstappe teen oortreders om te verseker dat hulle aanspreeklik gehou word om ander van soortgelyke optrede afskrik.
  3. Gemeenskapsopvoeding en -betrokkenheid: Begin omvattende gemeenskap-uitreikingsprogramme om inwoners op te voed oor die belangrikheid van die behoud van die stad se natuurlike habitat en die wetlike gevolge van onwettige storting.

Die VF Plus sal gedurende die volgende raadsvergadering die kwessie op die tafel plaas en pleit vir maatreëls om Kemptonpark se natuurlike hulpbronne te beskerm.

Onwettige rommelstrooiing is ʼn oortreding en diegene wat hulle daaraan skuldig maak kan beboet word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.