Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Amerika kan help om deur van geleenthede en voorspoed vir almal in Suid-Afrika oop te maak

(Boodskap van die VF Plus aan die Hudson-instituut in Washington DC)

Die VF Plus is nie met die bedelaarshoed na Amerika nie. Hy is daar omdat hy ernstig is oor Suid-Afrika se toekoms en graag wil hê Suid-Afrika moet weer ‘n vooruitstrewende wenland word.

Om dit te vermag, is die Afrikaner-gemeenskap bereid en gereed om sy deel te doen om ekonomiese groei en wedersydse respek in Suid-Afrika te bevorder.

Suid-Afrika se Afrikaner-gemeenskap is veerkragtig, kundig en toegewyd aan ‘n voorspoedige, inklusiewe toekoms vir al die land se inwoners.

Hierdie pad na voorspoed is egter net haalbaar indien die struikelblokke wat die ANC oor dertig jaar in die pad van vooruitgang geplaas het, uit die weg geruim word.

Die grootste deel hiervan is rasgegronde wetgewing wat almal in die land benadeel tot voordeel van ‘n handjievol ANC-hooggeplaastes.

Amerika kan ‘n groot rol hierin speel en daarom is dit vir die VF Plus belangrik om met Amerika saam te werk om ekonomiese groei en wedersydse respek tussen dié lande te bevorder.

Dit was die kern van die VF Plus se boodskap in ‘n gesprek met die invloedryke Hudson-instituut in Washington DC as deel van sy Amerikaanse sending om met Withuis-amptenare en ander belanghebbendes gesprek te voer oor Suid-Afrika.

Hierdie gesprek is enkele weke gelede voorafgegaan met die voortydige gesprek tussen presidente Donald Trump en Cyril Ramaphosa waar enkele van die probleme uitgelig is wat Amerika met Suid-Afrika se regering het, soos plaasmoord en misdaad.

Baie ander aangeleenthede is nie eens op die tafel geplaas nie, soos Suid-Afrika se geopolitieke situasie en sy vriendskap met lande soos Iran, Kuba en China wat wrywing tussen Suid-Afrika en Amerika veroorsaak.

Ook hier is die direkte oorsaak die feit dat die ANC homself beskou as die enigste besluitnemer oor Suid-Afrika se beleid oor internasionale betrekkinge.

Dit is wel belangrik om alle relevante feite oor Suid-Afrika op die tafel plaas – van die ekonomie tot misdaad – aangesien die huidige situasie in die land geen twyfel laat dat hy in ‘n uiters netelige situasie verkeer nie.

Die VF Plus se opregte begeerte is om mee te help om ‘n land te skep wat vir almal ‘n wenland is. Die grootste verloorders op die oomblik is die land se swart meerderheid. Dit moet en kán omgekeer word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.