Olyfenhoutsdrift digby Upington: Inwoners eis antwoorde en ‘n begaanbare pad

Inwoners van die Olyfenhoutsdrift-landbounedersetting digby Upington betaal dorpsbelasting, maar kry geen dienste nie. Selfs die enigste pad wat hulle met die dorp verbind, is al vir weke onbegaanbaar. Die VF Plus gaan die saak nou na die provinsiale regering verwys nadat petisies en vergaderings tot dusver geen uitwerking gehad het nie. Die omgewing, wat geen […]
ANC laat Upington in die steek

Die ANC-beheerde Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit laat Upington se inwoners in die steek veral wat watervoorsiening aanbetref. Die munisipaliteit sukkel reeds vir meer as vyf dae om watertoevoer na verskeie woongebiede in die dorp te herstel. Woongebiede wat geraak word, sluit in Die Rand, Augrabies Park, Oosterville en Blydeville. Die situasie het versleg nadat alle gebiede […]
Ontluikende waterkrisis in Kalahari-Wes weens onklaar pompe: Slegs twee dae se water oor

‘n Lewensbedreigende waterkrisis is aan die ontwikkel in die westelike Kalahari, met net genoeg water om mens en dier vir nog sowat twee dae aan die lewe te hou. Die Kalahari-Wes Waterraad pomp water vanaf die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit se waterwerke in Upington. Dit bedien die gedeeltes noord en wes van Upington, tot by Noenieput […]
ANC-beheerde Dawid Kruiper-munisipaliteit belas inwoners onregmatig

Dit blyk uit ʼn ondersoek dat die ANC-beheerde Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit onregmatig landbougrond as residensieel gehersoneer het en dat talle inwoners in die Upington-omgewing uit die bloute aangeslaan is met uitermatige hoё eiendomsbelasting. Die VF Plus het verskeie klagtes van inwoners ontvang dat hul munisipale rekeninge skielik munisipale skuld van duisende rande toon. By navraag […]
ANC-beheerde Dawid Kruiper-munisipaliteit ignoreer openbare deelnameprosesse

Schröderstraat in Upington heet voortaan Alfred Qayiso Gubelastraat en basta. Die ANC in die David Kruiper-plaaslike munisipaliteit het dié besluit deurgedruk ongeag ‘n spesiale raadsvergadering waar die openbare deelnameproses totaal geminag is. Volgens die ANC is die besluit geneem na aanleiding van die “Municipal Advisory Council” of te wel Mac se aanbevelings. Hoe hulle tot […]
Drinkwater in Dawid Kruiper-munisipaliteit: Waarvoor word nuwe infrastruktuur gebruik?

Drinkwater is steeds ʼn krisis in die snikhete nedersettings digby Upington, ten spyte van aansienlike koste wat oor die afgelope jaar aangegaan is om die infrastruktuur vir water te verbeter. Inwoners van Klippunt, Kalksloot, Leseding, Louisvaleweg, Louisvale Dorp, Vaalkoppies, Olyfenhoutsdrift en Upington in die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit vra tereg waarvoor die toerusting gebruik word as […]
Dawid Kruiper: Kosbare fondse word deur ANC verspil

Kosbare fondse van die Dawid-Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington, Mier, Louisvale) wat vir padinstandhouding gebruik moes word, gaan nou aangewend word vir ʼn sokkerstadion. Tydens ʼn spesiale raadsvergadering vandag is voorgestel dat ʼn bedrag van R6,2 miljoen vir die herstel en opgradering van die Mxolisi Dicky Jacobs Stadion, in Upington, gebruik word. Hierdie geld is begroot vir […]
Dawid Kruiper: VF Plus stap uit raadsvergadering oor dienslewering

Die VF Plus het vanoggend uit 'n raadsvergadering van die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit gestap weens' n gebrek aan erns oor dienslewering. Die munisipaliteit, wat Upington, Louisvale, Rietfontein en Mier bedien, wil nie gehoor gee aan moontlike oplossing om diensleweringsprobleme op te los nie. Opposisiepartye het so hul misnoeë met die munisipaliteit se onvermoë of onwilligheid […]
MRK-ondersoek na Dawid Kruiper-munisipaliteit toon goeie vordering

Die menseregtekommissie (MRK) se ondersoek na die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington, Mier, Rietfontein, Louisvale) se onvermoë om voldoende drinkwater te verskaf, toon goeie vordering. Die VF Plus het op 15 Februarie vanjaar ‘n klag hieroor by die MRK teen Eskom ingedien. Mnr. Anthony Wyngaard, ‘n senior regsbeampte van die MRK, het vandag bevestig dat verskeie […]
Dawid Kruiper: VF Plus dien klag in by MRK oor geen krag, geen water

Die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington, Mier, Rietfontein, Louisvale), het weereens tydens beurtkrag min of geen drinkwater nie. Die VF Plus het om hierdie rede gister, 15 Februarie, 'n klag my die menseregtekommissie (MRK) teen Eskom ingedien. In die klag word versoek dat alle watervoorsieningsaanlegte in die Dawid Kruiper-munisipale gebied permanent van beurtkrag vrygestel word. Gedurende […]