fbpx
Vryheidsfront Plus

Dawid Kruiper: Kosbare fondse word deur ANC verspil

Kosbare fondse van die Dawid-Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington, Mier, Louisvale) wat vir padinstandhouding gebruik moes word, gaan nou aangewend word vir ʼn sokkerstadion.

Tydens ʼn spesiale raadsvergadering vandag is voorgestel dat ʼn bedrag van R6,2 miljoen vir die herstel en opgradering van die Mxolisi Dicky Jacobs Stadion, in Upington, gebruik word.

Hierdie geld is begroot vir die aankoop van watertrokke en toerusting vir pad-rehabilitasie.

Tydens ʼn vorige vergadering hierdie week het alle partye wel ooreengestem dat die Mxolisi Dicky Jacobs Stadion opgegradeer word.

Dit was egter nie met die veronderstelling dat fondse vir belangrike instandhoudingswerk gebruik sou word nie.

Opposisieraadslede het daarom vandag versoek dat private fondse gevind moet word eerder as om munisipale geld te gebruik. Die VF Plus het teen die voorstel gestem, maar die ANC het sy meerderheid gebruik om dit deur te druk.

Die versoek om die stadion op te knap het gekom van die Upington City-sokkerspan wat onlangs tot die eerste liga bevorder is. Die klub wil die stadion as basis gebruik.

Volgens die Premier-sokkerliga is opknappingswerk van sowat R7,5 miljoen nodig om die stadion aan sy minimumvereistes te laat voldoen.

Die stadion het onder die wanbestuur van die ANC-munisipaliteit tot ʼn haglike toestand verval en dit word daagliks verder gevandaliseer.

Die VF Plus sien die noodsaak om die stadion te herstel, maar hou vol dat die fondse nie uit die huidige begroting, wat vir dienslewering bedoel is, kan kom nie.

Die ANC-beheerde Dawid Kruiper-munisipaliteit sukkel juis daagliks om net die nodige dienste aan die gemeenskappe te lewer.

Dawid Kruiper verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.