fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra ondersoek na minderwaardige vakmanskap by Malmesbury-behuisingsprojek

Die VF Plus het ʼn ondersoek gevra na die minderwaardige vakmanskap en skade by die De Hoop-behuisingprojek in Wesbank, Malmesbury.

Die De Hoop-behuisingsprojek is ‘n geïntegreerde residensiële ontwikkelingsprogram (IRDP) van die Wes-Kaapse departement vir menslike nedersettings.

Tydens die eerste fase van die projek is 389 huise gebou, maar die agterstand vir mense wat op ʼn 20-jaar oue waglys is, is 6 000.

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, het in Augustus verlede jaar die sleutels van die splinternuwe huise aan begunstigdes van tussen 65- en 75 jarige ouderdom oorhandig.

Kort daarna het die VF Plus die eerste klagtes begin ontvang oor strukturele skade aan die huise.

Krake het begin vorm in mure en plafonne, deure en -handvatsels was stukkend asook muurproppe.

Wortels van bome was selfs sigbaar in sommige van die huise.

Die VF Plus het ʼn klag ingedien by die direkteur van behuising in die Swartland-plaaslike munisipaliteit, maar niks is sedertdien gedoen om die saak aan te spreek of die gemeenskap by te staan nie.

Tydens ‘n oorsigbesoek in Februarie vanjaar, waar al die rolspelers teenwoordig was, het die projekbestuurder erken dat die sand dalk nie behoorlik gesif is nie en die fondamente dalk nie diep genoeg gegrawe is nie.

Skokkend genoeg is dieselfde kontrakteur vir die volgende fase van die behuisingsprojek vir 2024 aangestel.

Drie weke gelede het die gemeenskap weer die VF Plus gekontak. Teen hierdie tyd kan deure nie oop- of toemaak nie weens reënskade en klein boompies groei selfs in die huise.

Die VF Plus het ʼn dringende skrywe aan die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, die burgemeester, Harold Cleophas, en die direkteur van behuising gestuur en daarop aangedring dat daar dadelik opgetree word om die huise te herstel.

Die party wil ook weet waarom dieselfde projekbestuurder aangestel is vir die volgende fase van die behuisingsprojek as dit duidelik is dat sy werk nie op standaard is nie.

Die Swartland-munisipaliteit gee hoog op dat hy omgee vir sy inwoners en hul beste belange op die hart dra, maar dit blyk nie uit die manier waarop hy behoeftige inwoners behandel nie.

Die VF sal die inwoners van De Hoop op hoogte hou met die vordering van die saak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.