fbpx
Vryheidsfront Plus

Dood van 17 mense in nog ʼn Boksburg-tragedie skokkend

Die VF Plus is geskok oor die sinnelose dood van 17 mense gisteraand in die Angelo-informele nedersetting in Boksburg.

Luidens berigte het die inwoners stikstofoksied ingeasem wat uit ʼn gassilinder gelek het. ʼn Hele gesin is in die tragedie uitgewis.

Inwoners van dié nedersetting, wat bekend is vir onwettige mynboubedrywighede, lê die blaam vir die tragedie voor die deur van onwettige myners (zama-zamas).

Onwettige mynbedrywighede hou talle gevare in, nie net vir die myners nie, maar ook vir die gemeenskappe waarin hulle woon.

Onwettige myners stoor gevaarlike materiaal soos plofstof in die nedersetting wat lewensgevaarlik is vir aangrensende huise.

Die VF Plus het versoek dat die ongeluk tesame met die onwettige mynbedrywighede deeglik ondersoek moet word.

Onwettige mynbedrywighede in die Ekurhuleni-metro vind veral plaas in Boksburg, Brakpan en Benoni.

Daar sal drasties opgetree moet word teen onwettige myners om verdere lewensverlies te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.